Terme

 

Gebruiksvoorwaardes

Welkom by ons webwerf. Foreverwall verskaf hierdie diens aan jou op voorwaarde van die onderstaande gebruiksvoorwaardes. Wanneer jy ons besoek aanvaar jy die voorwaardes. Lees dit asseblief.

Privaatheidsbeleid
Ons privaatheidsbeleid beheer jou besoek aan ons webwerf. Enige epos, telefoon of sellulêre nommers wat jy gee gedurende submissie is vertrouelik en sal nie op die webwerf geplaas word nie. Ons kollekteer of deel ook nie daardie inligting nie. 
Ons sal wel jou kontak nommer gebruik om met Whatsapp of epos met jou te kommunikeer. 

Jou informasie word slegs deur Foreverwall gebruik om in persoonlike kontak met jou te kom indien nodig. Die informasie wat jy op die webwerf geplaas het (die inhoud van jou submissie) is wel publieke inligting.

Elektroniese kommunikasie
Wanneer jy Foreverwall besoek of ons eposse stuur, kommunikeer jy elektronies met ons. Jy gee jou toestemming dat ons met jou elektronies mag kommunikeer deur middel van epos of enige ander metode. Jy stem saam dat alle ooreenkomste, kennisgewings of enige ander kommunikasies ons elektronies voorsien gebeur asof dit skriftelik opgestel was.

Kopiereg
Alle inhoud op die webwerf is die eiendom van ForeverWall en word beskerm deur internasionale kopiereg wette.

Handelsmerke
ForeverWall handelsmerke mag nie gebruik word in n produk of diens wat verwarring mag veroorsaak by verbruikers nie.

Lisensie en webwerf toegang
ForeverWall laat jou toe om die webwerf te gebruik, maar nie om dit af te laai, of te verander nie. 

Jy mag n skakel na hierdie webwerf gebruik solank dit nie ForeverWall enigsins in a vals, misleidende of aanstootlike manier blootstel nie. Jy mag nie ForeverWall se kenteken of ander beelde gebruik sonder goedkeuring nie.

Verbode plasings
Onwettige produkte, dienste of aktiwiteite. Geen diskriminasie teen persone, ras, etnisiteit, kleur, geloof, ouderdom, geslag, gestremdhede of mediese toestand nie. Die promosie van vuurwapens, ammunisie en plofstof is verbode. Die promosie van seksuele produkte, dienste of naaktheid is verbode. Geen sensasionele of geweldadige inhoud nie. Geen omstrede politieke of sosiale inhoud nie. Geen misleidende informasie nie.

Ons sal ons eie diskresie gebruik indien nodig.

Opsommings, epos en ander inhoud
Wanneer jy inhoud verskaf, tensy jy andersins aandui, gee jy ForeverWall die eksklusiewe regte om die inhoud daarvan op enige ander medium te plaas. Jy verklaar dat die inhoud akkuraat is.

Gebruiker gegenereerde inhoud

Die inhoud wat jy verskaf moet op n beleefde en beskaafde manier geplaas word. Sekere gegenereerde inhoud mag deur ons verwyder word sonder dat verduidelikings daarvoor hoef gegee te word. Die "Verbode plasings" soos hierbo genoem is ook van toepassing. Alhoewel ons negatiewe kommentaar toelaat, moet dit op n ordentlike manier gedoen word. Hierdie is nie n webwerf vir negatiewe opmerkings nie. Daar is genoeg plek daarvoor op sosiale netwerke. 

Ons skaar ons by die mense wat n positiewe uitsig op die lewe het en daardeur goeie en positiewe bydraes kan lewer, tot voordeel van almal. Kommentaar behoort konstruktief en waardevol te wees vir ander gebruikers wat op die informasie staatmaak.


Risiko van verlies
ForeverWall neem geen verantwoordelikheid vir artikels wat hier geplaas word nie. ForeverWall word gevrywaar van enige verlies wat dalk gelei mag word.

Geskille
ForeverWall gaan in geen geskille met jou betrokke raak nie.

Beleide
ForeverWall behou die reg voor om enige beleid te eniger tyd aan te pas.

Vrywaring
Hierdie webwerf word aangebied soos beskikbaar. Jy gebruik hierdie webwerf op jou eie risiko. ForeverWall gee geen waarborge ten opsigte van enige item op die webwerf nie. ForeverWall waarborg nie dat die webwerf of enige kommunikasie wat ons met jou het vry is van virusse of skadelike inhoud nie. ForeverWall sal nie aanspreeklik wees vir enige skade wat mag spruit uit die gebruik van die webwerf nie.

Vrae
Jy kan vrae rig aan myforeverwall@gmail.com