My Best Friend "Gem"

My hart is vandag baie seer. Die totsiens se aan my beste vriend. Ek stort al trane uit oor die dag vir maande. Die dag wanneer my beste vriend, Gem, nie meer met my sal wees nie.

Herinneringe

Al wat nou oorbly is herinneringe, goeie herinneringe. Waar ek ookal gegaan het op die werf of in die huis, was jy altyd by my, naby by my soos n skaduwee. Jy wou nooit alleen wees nie, netso was ek nooit alleen nie.

Sonder voorwaardes

Die paar kere wat jy raas gekry het toe jy jonger was, het jy alleen in jou hoekie gaan le, maar as ek weer sien, le jy by my voete. Ek het so baie van jou geleer. Hoe om te vergewe en te vergeet, wat dit beteken om gehoorsaam te wees, wat dit beteken om jou baas en jou leier lief te he, sonder enige voorwaardes.

Veiligheid

Ek sal jou mis in die dag en so-ook in die nag wanneer jy aan my stamp met jou kop om te se “Dis nou tyd om n bietjie buite toe te gaan”. Ek sal jou mis wanneer dit donderweer. Jy het altyd op die bed gespring om skuiling en gerustelling by my te soek. Daar waar jy kon weet dat jy veilig sou wees.

Woorde

En woorde kon jy baie goed verstaan. “Huistoe” was altyd die teken om binne te gaan, of dit nou by die huis was, of by n kampplek waar die huis die tent was. “Dudu” was die woord vir slapenstyd. Dan krap jy altyd eers jy bed om sodat dit die hele wereld vol le. Dit was jou teken vir die volgende speletjie, die laaste vir die dag. Jy wag alreeds in die badkamer vir die skaduwee speletjie as ek daar aankom. “Beepbeep” was die woord wanneer jy per ongeluk in die pad kom. “Soek-soek” was die woord vir “Tyd om muise te vang”. So was daar baie woorde wat jy geken het.

Tekens

Maar jy het ook tekens goed verstaan. Jy het verstaan wanneer ek treurig of bly was. Selfs vinger en handgebare het jy presies geweet wat van jou verwag was. En met daardie oe het jy tot in my siel gekyk.

Roetienes

Dan was daar die eindelose roetines, met opstaan tyd, speeltyd, eet tyd en bad tyd. Van bad gepraat. Jy het gehaat om gebad te word. As ek die sinkbad uithaal, gaan kruip jy weg by die dam. Dan moet jy gedra word soos n baba met bene wat stokstyf staan. 

Vergeet my nie

Oggende se koffie en beskuit tyd moes jy altyd ook jou stukkie beskuit kry, maar jy het nooit gesmeek vir kos nie. Sou ek jou beskuit vergeet het, het jy my agterna gou laat verstaan dat ek jou vergeet het.

Speeltyd

Jy het baie speeltyd gehad. Partymaal die “frisby”, of “tou” of “tennisbal”. En as ek moeg was jaag jy die trekker of bakkie langs die heining af, en enige ander wiel wat rol, ja, selfs die kruiwa. En as alles stil raak soek jy die “ground squirrels” in hul gate, maar hulle was nog altyd te rats vir jou. So het jy speletjies van alles gemaak, maar jou gunsteling speletjie was jou “skaduwee” speletjie. Jy kon nooit genoeg daarvan kry nie.

My werf

En laat hier nou net ander mense kom, selfs die wat al jare hierheen kom, het jy hulle altyd met n hakskeen knyp laat weet dat hierdie werf, joune is en dat jy nie met my baas moet lol nie. Dit was maar jou gedrag van die begin af. Dankie dat jy altyd daar was om my te beskerm, al was dit nooit nodig nie. Jy het net jou werk gedoen.

Dorp toe

Ek moes jou soms in die huis toesluit as ek dorp toe gaan. Jy het altyd veilig gevoel binne die huis as ek nie daar was nie. Maar as ek die deur sluit huil jy soos n wolf en gaan le voor die deur. Jy het nooit aan jou kos ge-eet terwyl ek weg was nie, en het ook nog nooit n glipsie in die huis gehad nie.

Eerste vraag

Hilda het altyd vir jou die klein “Woolies pies” gekoop as n bederfie vir ons terugkeer by die huis. Dan bokspring jy asof ons al maande lank weg was. Ja Hilda was baie erg oor jou. Omtrent elke keer as ek by Belle Rio uitkom en sy my sien, vra sy eerste hoe dit gaan met Gem. Dan eers kry ek n hello soen.

Totsiens

En vannaand slaap ek alleen, net met goeie herinneringe wat oorbly. Jy, my maat en my vriend, jy was n “Gem” vir my en Hilda.

Jy het my soveel geleer. Jy is altyd in ons hart. Tot weersiens.
My Border Collie, Gem.
19 Februarie 2016 - 22 Oktober 2025

In my jong dae het ek so gelyk







Ek maak skoon die kinders moeg, al van kleins af. Toe raak ons altwee groot.
Ek, Jovan & Gem.
Klaar gebad & geborsel. Gem praat “Die bad deel was glad nie lekker nie. Weet jy dit dan nounog nie?….Ek sal jou netnou dankie se.”
Kan ons asseblief net aan die beweeg kom!!!
Kom ons gaan…..
Lemoene pak tyd of tuinmaak. Selfs dan was jy altyd by.
Leplek op die stoep
Slaap by my in die studeerkamer terwyl ek werk
Ek wag vir die OK om my kos te eet.
Waar het daardie “ground squirrel” nou heen verdwyn?
Laaste foto van Hilda & Gem saam by die huis - Jan 2025 vroegoggend
Moet my nie “ignore” nie….
Jou kamp bed le tog te lekker.
Gem besoek Hilda by Belle Rio Junie 2025
Die laaste uitkyk oor my gebied - 21 Okt 2025
Vaarwel nota van veearts - 22 Okt 25 09:00vm
Waar my Gem altyd gesond gemaak was.
My Gem se veearts geskiedenis

Comments

  1. Ai pa, dis so hartseer! Gem was n awesome hond gewees en hyt n lekker lewe gehad daar op die plaas.
    Hoe alles na n einde toe moet kom, nou gaan die huis maar baie stil wees vir n ruk todat pa Bella Rio verhuis. Gem was pa se beste friend en skadewee gewees, baie mooi skrywe wat pa geskryf het. Tot volgende keer Gem.

    ReplyDelete

Post a Comment